Boelgarye in gelykop verkiesing stryd

Die finale uitslag is nog hangende, maar alles dui daarop dat ʼn redelike gelykop stryd heers tussen die  nuwe party wat gekant is teen inenting en die konserwatiewe Gerb-party in Boelgarye.

Dit is die derde keer dat die Boelgarye kiesers na die stembus gaan in die huidige jaar, met die hoop dat n nuwe regering die land na groter stabiliteit sal lei.

Die verkiesing wat die afgelope naweek gehou is, laat jiesers hoopvol wag op die finale uitslag, en is die versugting dat die wenners ook ʼn volstrekte meerderheid sal kry om groter stabiliteit te verseker.

 Met die Oos-Europese staat se stryd om die pandemie onder die knie te kry, en die gedurige politieke onrus, kon daar in die April verkiesing, en ook in die Julie verkiesing nie voldoende steun gekry word en het die land vir maande lank politieke stilstand gehad in die parlement.

 Die jongste uitslae toon dat die regerende Eerste Minister,  Bokyo Borissov se konserwatiewes het ʼn klein voorsprong met die nuwe party sowat 2% minder stemme in die tweede plek.