Biden en Jinping steeds in gesprek

Die twee grootste moondhede se leiers het die vorige virtuele gesprek hervat om oor ʼn wye reeks onderwerpe te praat met die doel om die “koue oorlog” klimaat te omskep in ʼn meer gematigde verhouding.

Die gesprekke se hoofdoel is om die gevaarlike spanning wat bestaan, te ontlont, en konsentreer op moontlike handel, selfs tegnologiese aspekte, en Taiwan asook menseregte aangeleenthede.

 Die Amerikaanse president, Joe Biden, en sy Sjinese eweknie, President Xi Jinping het reeds Maandag begin en het tot ʼn laaste gesprek Donderdag geduur, met die moontlikheid om weer later hervat te word.

 Biden het gesê die twee leiers het ʼn verantwoordelikheid teenoor die ganse wêreld en teenoor hulle eie mense om die spanning te verlig, en het daarom begin met gesprekke na afloop van die COP26 klimaat konferensie in Glasgow, Engeland.