Beurtkrag op beurtkrag op ….

Andre de Ruyter, Hoof Uitvoerende Beampte van Eskom het aangekondig dat beurtkrag gewysig word en Vrydag 19 November eindig om nie gedurende die naweek te hervat nie.

Hy het bevestig dat beurtkrag verminder na fase 1 vir Vrydag om te eindig teen die einde van die 24 uur tydperk.

Voorlopig sal daar geen beurtkrag vir die naweek wees nie, maar Suid-Afrika het geleer dat Eskom se more en aand verklarings nie ooreenkom nie.

Die aanhoudende
breekskade” van verouderde toerusting soos stoompype wat nie vervang word nie, en opwekking generators wat nie betyds gedien word nie, is maar twee van tientalle dinge wat onklaar raak.

Ook die Madupi kragsentrale wat onlangs voltooi is na 12 jaar van sloerwerk, het gedurig onderbrekings, en kenners het daarop gewys dat dit waarskynlik die swak vakmanskap is wat die kragsentrale so oneffektief laat funksioneer.