Betalers kan E-tol kelder

Te midde van vele beloftes wat gemaak is, kom daar geen nuwe besluit na vore oor die e-tol stelsel se toekoms in Gauteng nie.

Die Minister van Vervoer het telkens ʼn nuwe verskoning bedink om weg te skram van die onderwerp, maar nou het die verset struktuur, Outa, se Hoof Uitvoerende Beampte,  Wayne Duvenhage, gesê die organisasie is nie verbaas dat die Minister van Finansies geswyg het oor die e-tol stelsel in Gauteng nie.

Duvenhage het ʼn beroep gedoen op die klein aantal motoriste wat wel hulle e-tol geld betaal, om dit nou te stop, en daarmee die laaste spyker in te slaan in die Gauteng e-tol stelsel.

Duvenhage sê as ʼn verdere derde van e-tol betalers nou besluit om die betalings te staak, sal die regering verplig wees om die omstrede stelsel op te hef.