Belastings ontduiking is miljoene Rand

Die Covid-19 tenders wat uitgereik is en wat tot kontrakte se uitreiking gekom het, het ook miljoene Rand se belastings vir die Ontvanger van Inkomste verlore laat gaan.

Baie sogenaamde maatskappye, en ook bestaande maatskappye het kontrakte gekry viir die verspreiding en verkoop van Covid verwante toerusting.

Nou het die Inkomstediens ʼn lys van maatskappye gepubliseer van maatskappye wat klaarblyklik hulle belasting verantwoordelikheid nie nagekom het nie.

Ingeligte bronne beweer dat daar baie maatskappye is wat gekontrakteer is, maar wat nie verkoopsbelasting (BTW) of inkomste belasting op die transaksies betaal het nie.

Alhoewel die lys name ʼn hele aantal maatskappye blootlê om ondersoek te word, is daar baie meer instansies wat net “verdwyn” het.

Die ergste is dat die maatskappye wat skuldig bevind word, hoogstens ʼn boete van R4,000 hoef te betaal, terwyl honderde miljoene Rand gebaat is deur die maatskappye.