Bedrog met Sassa kaarte

Sassa moes inderhaas verklarings uitreik en waarsku dat die sogenaamde “Sassa goue kaart” nie te koop is nie en ook nie bestaan nie.

Die SA Sosiale Veiligheid Agentskap (SASSA) het gewaarsku dat die “goue kaart” wat op die sosiale netwerk vertoon is, ʼn fop kaart is wat nie werklik bestaan nie.

Die sosiale Network het berigte dat die “goue kaart” te koop is in Suid-Afrika wat deur Sassa uitgereik word – maar dit is fop inligting.

Die mense wat agter die skelmstreek sit, vra dat daar per WhatsApp gereageer moet word om die kaart te koop teen R2,500.

Verbruikers word gewaarsku om nie in die nuwe slagyster te beland nie.

Dit is egter nie al slagyster wat vir verbruikers gestel is nie, want daar is ook fop inligting van sogenaamde kospakkies wat met ʼn koopbewys bekom kan word. Sassa kaarthouers word dan “genooi”, en so word hulle kaarte gekloon.

ʼn Derde skema is ook gekoppel aan ʼn klere koopbewys wat uitgereik word aan Sassa kaarthouers, met dieselfde bedrog daaraan verbonde.