Argentynse president kan verkiesing verloor

President Alberto Fernandez se regerende party, die Front vir Almal, vaar uiters swak in die eerste rondte van die presidentsverkiesing in Argentinië.

Die president het ʼn enorme groot terugslag gekry in die afgelope naweek se verkiesings toe sy regerende koalisie regoor die land swak gevaar het weens sy swak ekonomiese beleid en die stygende spiraal van inflasie.

Die groot werkloosheid in die land het ook bygedra tot weerstand om vir die koalisie regering en sy president te stem.

Dit het gelei tot sy nederlaag om die meerderheid in die Senaat te verloor, wat die afgelope 40 jaar onder die linkse party se beheer was.

Met meer as 90% van die stemme getel, het die president en sy koalisie partye van 41 stemme geval na 35 in die Senaat wat uit 72 lede bestaan.

Politieke ontleders meen hy kan ook beheer verloor in die Kamer van Afgevaardigdes, en die Kongres se laerhuis.

Die oorwinning van die konserwatiewe koalisie, “Saam vir Verandering” beteken dat die president en sy regering die volgende twee jaar deur diep waters sal gaan.