ANC vorm koalisies in Wes-Kaap

Die ANC in die Wes-Kaap het bekendgemaak dat hy in drie kleiner munisipaliteite met kleiner partye koalisie regerings kon saamstel.

Die woordvoerder sê in ʼn verklaring dat ʼn “historiese deurbraak” gemaak is deur koalisies te vorm met die Patriotic Alliance, die Karoo Gemeenskap Party, en Karoo Democratic Force vir Laingsburg munisipaliteit.

In Prins Albert Munisipaliteit en in Beaufort Wes munisipaliteite is ook soortgelyke koalisies gevorm. Waarnemers wys daarop dat die koalisie regerings met sulke klein partye dikwels tot konflik lei as alle aspekte nie vooraf onderhandel is en per skriftelike ooreenkoms vasgelê is nie.