Amasone ontbossing ergste in dekade

Slegs enkele dae nadat die konserwatiewe President Jair Bolsonaro by die Verenigde Nasies se Klimaat Konferensie in Glasgow onderneem het om die Amasone reënwoud te beskerm, kom die berig dat ontbossing steeds plaasvind.

Die onwettige ontbossing van groot dele van die wêreld se grootste reënwoude is vanjaar erger as wat dit nog ooit was in die afgelope 15 jaar.

Gedurende die afgelope jaar in Brasilië is daar reeds meer as 13,000 vierkante kilometer van die kosbaarste reënwoud verlore weens onwettige mynbedrywe, en landbouers wat hulle daar probeer vestig.

Die Nasionale Instituut vir Ruimte Navorsing se monitering stelsel wys die presiese aantal vierkante kilometer oppervlakte wat reeds ontbos is in die afgelope jaar.

Die land se president, Jair Bolsonaro, wat regeer het onderneem om ontbossing te bestry en wil die Amasone ontwikkel, maar sy administrasie het tot hede klaaglik misluk om die gebied te beskerm.