Zuma sê mense moet ANC stem

Te midde van al die drama en beskuldigings wat oor en weer geslinger word tussen ANC lede, moedig Jacob Zuma sy ondersteuners aan om vir die ANC te gaan stem.

Zuma het nie gehuiwer om die ses ANC leiers vroeër vanjaar skerp aan te val omdat hy met hulle verskil het oor die Kommissie van Ondervraging oor Staatskaping.

Politieke ontleders reken Jacob Zuma het geen ander moontlike party waarvoor hy sy steun kan gee nie, en hou ook sy pad skoon om weer vorentoe van die ANC gebruik te maak.

 Die voormalige president van die ANC is tans op parool, en het dit verkry weens beweerde gesondheidsredes. Hy het ook skerp gereageer toe aanbeveel is dat ʼn tweede mening ingewin word oor sy gesondheid, en het volstrek geweier dat hy ondersoek word.

Zuma sê hy het besluit om ʼn boodskap na buite te stuur dat mense in die plaaslike verkiesings moet deelneem en vir die ANC moet stem, omdat “sekere redes” daarvoor bestaan. Hy sê hy het talle hoor sê dat hulle nie vanjaar sal gaan stem nie, maar hy moedig hulle aan om wel deel te neem en ANC te stem.