WGO: Nuwe span ondersoek virus

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het ʼn nuwe span bestaande uit 26 wetenskaplikes aangewys om die oorsprong van die koronavirus (Covid-19) te ondersoek.

Die spesialis mediese span se hooftaak is glo om ʼn wêreldwye raamwerk op te stel wat gesamentlik en afsonderlik studiewerk doen om die oorsprong van die koronavirus te bepaal.

Die span moet ook poog om die gestolde ondersoek in Sjina te hervat waar die virus ontstaan het, en waaroor gegis word dat dit ʼn laboratorium produk is, maar wat deur die Sjinese ontken word.

Al meer navorsers konsentreer op die ontstaan van siekte toestande, en selfs die gevreesde voëlgriep word nou by hernuwing ondersoek om vas te stel waar dit vandaan kom.

Die hoof van die WGO het vroeër vanjaar aangekondig dat die organisasie beoog om ʼn Wetenskaplike Advies Groep op te stel wat fokus op die Ontstaan van Siektes en Pandemies.