Wes-Kaap treine staan doodstil

Die Valsbaai seksie van die Metro-spoor diens in Kaapstad sal glo vir die res van die week gesluit bly weens die vandalisme wat groot skade teweeg gebring het.

Woordvoerders van die Metro reken die skade wat aangerig is, sal minstens R1 miljoen beloop en daarmee moet in aanmerking geneem word dat die treindiens vir ʼn week tot stilstand gekom het.

Die vandale het klaarblyklik nie net goedere beskadig nie, maar ook ʼn 11 Kilovolt elektriese lyn weggedra, en ander elektriese toerusting beskadig.

Dit het uiteindelik gelei tot die Suidelike Lyn waar twee drade ʼn kortsluiting veroorsaak het en vier mas-pale beskadig het.

Die Suidelike Lyn kan dus nie gebruik word nie en sal die treine tussen Retreat en Vishoek vir die week stilstaan tot herstelwerk gedoen is.

Tot hede was daar nooit ʼn oponthoud op die lyn nie, en die vandalisme wat hier die diens ontwrig het, sal hopelik nie weer ondervind word nie, is gesê.