Weerstand teen toekomstige alkohol verbanning

Die Nasionale Drankhandelaars het besluit om nie weer aan enige verbod op alkohol verkope wat in die toekoms aangekondig mag word, deel te neem nie.

Enige verbod wat die regering mag instel teen drankverkope sal nie gehoorsaam word nie, sê die handelaars. Die dreigende houding is ingeslaan nadat die eienaars van tavernes besluit het om daarmee die regering te probeer oortuig om ʼn einde te bring aan die verbanning van drank verkope weens die koronavirus pandemie.

ʼn Woordvoerder het gesê die handelaars het aanvaar dat die verbod op drankverkope sal op een of ander wyse bydrae tot bekamping van die verspreiding van infeksies, maar dit het nie gebeur nie, en daarom sal ons ʼn volgende verbod nie gehoorsaam nie.

Hy sê die verbod was ingestel en uiteindelik was die totale omvang daarvan so lank as 24 weke, wat menige handelaars verplig het om hulle deure vir goed te moes sluit.