Vyf gesoek vir juwelier se dood

Die polisie is op soek na vyf verdagtes wat waarskynlik betrokke was by die moord op ʼn 55 jarige juwelier van Centurion wat doodgeskiet is.

Die moordenaars het beplan om die juwelier te beroof en het nie gehuiwer om dit helder oordag te doen nie.

Die polisie beweer dat die vyf verdagtes die eienaar van die onderneming geskiet het nadat hulle die winkel beroof het van ʼn onbekende bedrag geld.

Later is vasgestel dat baie van die kosbare juwele ook gesteel is, en paramedici het blitsvinnig op die toneel verskyn nadat iemand hulle geskakel het.

Pogings is aangewend om die gewonde man te stabiliseer, maar hy is kort daarna oorlede aan die skietwond wat opgedoen is.

ʼn Polisie woordvoerder sê hulle het ʼn span polisiebeamptes wat op soek is na die vyf wat gewapen was toe hulle die juwelierswinkel beroof het en die eienaar geskiet het.