VSA-Sjinese handel weer in oorweging

Die Amerikaanse president, Joe Biden, se regering het hul sogenaamde strategie uiteengesit met betrekking tot hervatting van handel met Sjina.

Deel van die beplande optrede is om gesprek te voer en sekere uitsonderings te maak in tarief bepalings te oorweeg soos wat dit voorheen toegepas is.

Die VSA en Sjina is die afgelope twee jaar in ʼn handelsooreenkoms dispuut gewikkel en die VSA se Handel Verteenwoordiger, Katherine Tai, het aangekondig dat Washington sal soek om ʼn nuwe handelsooreenkoms met die kommuniste aan te gaan.

Die Sjinese handel met die VSA het in die tyd van president Donald Trump sodanig verminder dat die Sjinese ekonomie ernstige krisisse moes prober oorkom, en het nuwe market gesoek om afset vir sy produksie te vind.

Intussen het die VSA regering geld bewillig aan nyweraars om sekere IT onderdele, wat hoofsaaklik net in Sjina vervaardig word, te ontwikkel om selfvoorsienend te raak. Een so ʼn produk is die rekenaar skyfies (chips) wat tans so ʼn tekort is dat motorvoertuig vervaardigers hulle pproduksie moes afskaal omdat die skyfies nie voorsien kan word nie.