VSA: Pyplyn veroorsaak oliebesoedeling

ʼn Belangrike oliepyplyn in Suid-Kalifornië het veroorsaak dat die strandgebied gesluit moes word weens ʼn enorme olie lekkasie wat besoedeling tot gevolg het.

Die besoedeling is sodanig dat die gewilde “Stille Oseaan Lugvertoning” se laaste dag gekanselleer moes word.

Na raming het sowat 570,000 liter olie die strandgebied besoedel in die Huntington Kus waar die lugskou plaasgevind het.

Die aangrensende seegebied is so erg besoedel dat daar geglo is die pyplyn is gebreek, maar later is die lekkasie gevind, en die maatskappy daarmee gemoeid het gesê di fout is herstel na etlike ure se werk.

Redding spanne het kort daarna opgedaag om die beskadigde omgewing skoon te kry, maar woordvoerders sê dit gaan baie tyd neem om die skade te herstel.

Kalifornië se verkose senator, Dave Min, het gesê die pogings om die lekplek te herstel, het veels te laat begin, met die gevolg dat groot vlei gebiede ernstige skade opgedoen het wat redding spanne maande sal neem om te herstel.

Die onderwater pyplyn wat van ʼn olie aanleg in die see tot aan die kusgebied strek, het die reddingswerkers, met diepsee duikers se hulp, vir ure besig gehou onder die water om die lekkende pyp te herstel.