VSA maak kernwapen voorraad bekend

In teenstelling met die vorige president, Donald Trump, se geheimhouding oor die kernwapen voorraad van Amerika, het die Joe Biden regering die voorraad bekendgemaak.

Die Biden regering sê dit word gedoen terwille van deursigtigheid en sal bydrae tot ʼn toekomstige ontwapenings projek wat mag opduik.

Die afgelope week het die VSA die aantal kernwapen plofkoppe in sy besit bekendgemaak en verklaar dat die voorraad van 3,750 op 30 September beskikbaar is.

Die VSA se kernwapen voorraad was in 2003 net meer as 10,000 maar is geleidelik verminder tot die huidige stand.

Gedurende die Koue oorlog teen Rusland, was die VSA se voorraad 31,255 plofkoppe, maar die destydse ooreenkoms met Rusland het daartoe gelei dat dit geleidelik verminder is.

Die Biden regering sê in sy verklaring dat dit vir hom belangrik is om deursigtigheid te toon oor die voorraadpeil in kernwapens, maar kenners is bekommerd oor die beleidsrigting aangesien die Russe nie hulle gegewens bekendgemaak het nie.