VSA kern-duikboot bots in Suid Sjinese See

Die Amerikaanse Vloot het bevestig dat een van die kernkrag duikbote teen ʼn onbekende voorwerp gebots het in die Suid Sjinese See.

Alhoewel geen lewensgevaarlike beserings van die bemanning opgedoen is nie, word berig dat die VSA Connecticut duikboot in ʼn “stabiele toestand” is.

Die Vloot het ʼn intensiewe ondersoek na die voorval begin waar die kernkrag aangedrewe duikboot met ʼn voorwerp gebots het.

Die Vloot het bevestig dat die duikboot geen noemenswaardige skade opgedoen het nie, en steeds ten volle funksioneel is om Voort te gaan met die werk in die Suid Sjinese See.

Die duikboot is ʼn Seawolf kernkrag aangedrewe, vinnige aanval duikboot wat sorteer onder die VSA Vloot se Stille Oseaan Vloot.

Die voorval word beskou as ʼn geval wat die spanning tussen Sjina en Amerika verder sal verhoog aangesien die dispuut oor die seegebied reeds verskeie insidente opgelewer het.