VSA hou groot kuber-beraad

Sonder om Rusland uit te nooi na die Amerikaanse vergadering wat oor twee dae gestrek het, is minstens 30 lande se verteenwoordigers betrek om die groeiende aantal kuber aanvalle wat wêreldwyd ondervind word te bespreek..

Die een land, Rusland, wat dikwels beskuldig word daarvan dat hy met kuber aanvalle besig is, was nie teenwoordig nie en klaarblyklik nie uitgenooi na die geleentheid nie.

Die vergadering wat onder leiding van Amerika, in Washington gehou is, het op sy agenda ook toekomstige strategie bespreek, en die moontlikheid dat Rusland agter al die aanvalle sit, is ook onder die loep geneem.

Van die VSA se gesaghebbendes reken die Kremlin is betrokke deur taktiese goedkeuring te gee aan ander instansies om kuber aanvalle uit te voer.

In van die mees onlangse voorvalle van groot aanvalle, was Suid-Afrika se hawens vanwaar sy invoer en uitvoere plaasvind, die slagoffer van kuber aanvalle wat die hawens lam gelê het.