VSA gee Taiwannese troepe opleiding

Volgens die Verenigde State van Amerika is daar sowat 20 spesialiste strukture in Taiwan besig om opleiding te gee te midde van die stygende spanning en aggressie van Sjina.

Alhoewel beide die regering van Taiwan en die Biden regering van die VSA die bewerings in die verlede ontken het, is daar klaarblyklik nou bevestiging dat militêre opleiding gegee word.

Die VSA magte het glo herhaaldelik bevestig dat opleiding gegee word gedurende die afgelope jaar, en die Amerikaanse Departement van Verdediging het gesê die VSA se spesiale magte het Taiwanse militariste vir maande lank opleiding gegee.

Die gesaghebbende “Wall Street Journal” rapporteur dat die 20 VSA spesiale operasies en konvensionele troepe het geroteer in en buite Taiwan.

Die premier van Taiwan het later gesê die regering maak van elke geleentheid gebruik om die nasie te verdedig en die land se soewereiniteit te beskerm terwyl vrede gehandhaaf moet word.

Sjina beskou Taiwan as deel van sy provinsies en het onlangs die eiland se lugruim geskend deur sowat 40 keer met vegvliegtuie oor die grens te vlieg.