VSA Energie onafhanklikheid gekelder

President Joe Biden se “oorlog teen olie en brandstof” is besig om die energie onafhanklikheid wat tydens die Trump regering bereik is, weer te vernietig.

Die Biden regering is klaarblyklik so omstrede dat deskundiges nou waarsku van die gevaar dat geen nuwe vervaardigers in die VSA sal belê nie, en dit gaan die energie krisis laat vergroot, word gesê.

Om vervaardigers terug te lok na Amerika moet die land nou die energie sektor wat ook die tradisionele bronne insluit, met betroubare prysstrukture bedien.

Deskundiges reken die belangrikheid van ʼn gesonde energie beleid is noodsaaklik as die VSA wil kompeteer teen Sjina en Rusland se vermoee om die vervaardig.

Die gevaar van Biden se beleid om alles te laat wentel rondom die klimaat verandering, beteken dat die kommuniste nie gaan volg nie. Hulle gaan steenkool en besoedeling laat plaasvind solank as wat hulle die nywerhede en vervaardigers se masjiene kan laat loop teen die volle spoed.

Met Biden se “klimaat en omgewing” beleid het die Amerikaanse brandstof pryse die hoogte ingeskiet en is tans meer as 30% hoër as wat dit was toe hy aan bewind gekom het, en dit sal nie die vervaardigers terugbring na die VSA nie, word gesê.