VSA en EU ontmoet Taliban

Die Taliban se lede het ʼn vergadering gehad met diplomate van Duitsland, en die Islamitiese fundamentaliste wat nou die regeerders van Afghanistan is, sê hulle wil ʼn “positiewe” verhouding met die wêreld opbou.

Daarna is gesprek gevoer met die Europese Unie waartydens hulle gevra het om internasionale erkenning te kry, maar die EU het nie op die versoek gereageer sonder om eise t stel nie.

ʼn Woordvoerder van die EU sê hulle het die Taliban ingelig dat die hulp wat aangebied word, nie via die Taliban regering sal plaasvind nie, maar direk met die hulpbehoewendes om te verseker dat die mense wel die hulpmiddels ontvang.

Tydens die ontmoeting met afgevaardigdes van Amerika moes die Taliban hoor dat hulp en erkenning eers moontlik sal wees vanuit die VSA as die menseregte vereistes en vroue, sowel as kinders se regte ongehinderd toegelaat word en dat terroriste opleidingsentrums nie in die land sal vestig nie.

Met al die eise wat die Taliban sal moet nakom, wil dit lyk of daar nie gou aan hulle versoeke voldoen gaan word nie, is die mening van politieke ontleders uit Europa.