VSA egpaar smous kernwapen geheime

ʼn Amerikaanse ingenieur wat kennis het van kernkrag en kernwapens, en sy vrou word vervolg nadat hulle probeer het om geheime inligting oor kernkrag duikbote te  verkoop. Die FBI het die arrestasies gedoen deur van lokvinke gebruik te maak wat sou belangstel is die geheime inligting.

Die ingenieur wat werksaam is by die Naval Nuclear Propulsion Program het met sy rou se samewerking gepoog om die hoogs geheime inligting oor die ontwerp van kernkrag duikbote, in ander lande te verkoop.

Jonathan en Diana Toebbe is eers gearresteer nadat hulle ʼn jaar lank die waardevolle inligting gehou het, en toe probeer het om dit te verkoop.

Die Amerikaanse FBI het hulle voorgedoen as verteenwoordigers uit ʼn ander land wat sou optree namens ʼn belangstellende vervaardiger.

Volgens latere inligting is vasgestel dat die ingenieur ʼn permanente pos beklee het by die Departement van die Vloot wat oor die vertroulike inligting beskik.

Toebbe is ʼn senior werknemer gewees met geheime sekuriteit toegang tot die hoogste geheime inligting waaroor die Departement beskik, en sy integriteit was nooit onder verdenking nie.