VSA diplomate in gesprek met Taliban

Die afgelope naweek se gesprek tussen die VSA en die Taliban van Afghanistan is die eerste waar die twee lande se diplomate van aangesif tot aangesig met mekaar praat in Katar se hoofstad Doha.

Die ontmoeting is die eerste van sy soort sedert die Amerikaanse soldate uit Afghanistan onttrek is en so vinnig gedoen is dat dit tot algehele chaos gelei het op die lughawe van Afghanistan se hoofstad Kaboel.

Die Amerikaans diplomate het soos die Britte se ontmoeting met die Taliban, sekere eise gestel wat betref vroueregte en ander menseregte vereistes, en die optrede van die Taliban teen terreur groepe.

 Waarnemers wys daarop dat die twee regerings in kontak gebly het met mekaar sedert die Taliban beheer geneem het in Afghanistan, en die afgelope ontmoeting sal waarskynlik later opgevolg word met ʼn tweede gesprek.

Die VSA het gesê sy regering wil met sy Hulpfonds help in Afghanistan om menseregte te herstel en vroueregte asook die regte van minderjariges aan te spreek.

Druk is glo uitgeoefen om die Taliban te forseer om agting te toon vir die regte van vroue en kinders en dat die Taliban ʼn inklusiewe regering moet saamstel uit al die sektore van die bevolking.