Vorige Franse president kry tronkstraf

Die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, is deur ʼn Franse hof skuldig bevind aan onwettige verkiesingsveldtog finansiering.

Die hofuitspraak het ook bevat dat Sarkozy massiewe bedrae oor spandeer het in die 2012 herverkiesing.

Die voormalige president se regsverteenwoordigers sê hy sal beslis appelleer teen die uitspraak wat ses maande na ʼn vorige hofsaak gegee is.

In ʼn tweede hofsaak van vroeër vanjaar is hy skuldig bevind aan korrupsie, wat meegebring het dat hy ʼn swaar boete opgelê is.

In die pas afgelope hofsaak het die regter bevind dat die oud president sy straf in sy woonhuis mag uitdien. Hy mag nie die woning verlaat nie en moet te alle tye die “monitor” by hom hou sodat die geregsdienaars sy bewegings sal ken.

Nieteenstaande die vergunning van die hof, het sy regsverteenwoordigers aangekondig dat daar teen die uitspraak geappelleer sal word.