Vliegtuig bots teen hoë gebou

ʼn Vliegtuig met toeriste aan boord wat van Milaan lughawe in Italië opgestyg het, het in een van die voorstede teen ʼn hoë gebou vas gevlieg.

Al die mense aan boord het omgekom en die Italiaanse media het later berig dat die miljardêr van Roemenië, Dan Petrescu, die vlieënier was.

Die vliegtuig het teen ʼn gebou vas gevlieg wat onder konstruksie is met opgradering, en in die San Donato Milanese gebied geleë is.

Die ligte vliegtuig het agt mense aan boord gehad waarvan een ʼn minderjarige seun is, en waarnemers reken die vliegtuig het slegs sowat tien kilometer afgelê voor dit weens onbekende rede teen die gebou gevlieg het.

 Met die geweld van die botsing het die gebou aan die brand geraak, maar daar was niemand in die gebou en ook geen werkers buite nie.