Vier vasgetrek na skool besteel is

Vier mans is gearresteer omdat hulle na bewering 18 skootrekenaars asook ʼn projektor en kruideniersware ter waarde van sowat R800,000 van ʼn skool in Bloemfontein gesteel het.

Die polisie in die Vrystaat sê die mans wat tussen die ouderdomme van 17 tot 25 jaar is, is die week gearresteer nadat die polisie gereageer het op inligting wat aan hulle verstrek is deur burgerlikes.

Daarna is ʼn span polisiebeamptes afgesonder is om die arrestasies te doen nadat die skoolhoof alarm gemaak het en ander inligting die polisie bereik het.

Een van die skool se vensters is oopgebreek om in ʼn stoorkamer te kom en die skoolhoof het gesien dat die skootrekenaars weg is tesame met ander belangrike voorraad.