Vier broers steeds gesoek

Die Moti-broers wat ontvoer is in Noord-Transvaal, is nog steeds nie gevind nie, en die polisie kan weinig besonderhede verstrek terwyl die soektog duur.

Die vier seuns, 6, 11, 13 en 15 jaar oud was onderweg na die skool toe hulle deur gewapende mans met R5 gewere op hulle toegesak het en in twee voertuie gedruk en weggejaag het.

Die bestuurder van die een voertuig is later gevind en die voorval wat in Pietersburg plaasgevind het bly nog onopgelos terwyl die polisie deurlopend werk aan die saak.

Die seuns gaan skool by die Curro Independent School en hulle pa, Nazim Moti is glo ʼn welgestelde sakeman van Pietersburg.