Venezuela en Colombia heropen grens

Na maande wat die grens tussen Venezuela en Colombia gesluit was, blyk dit dat beide lande nou weer bereid is om die grensposte oop te stel.

Venezuela het sy grens met die buurland gesluit nadat duisende inwoners na Colombia gevlug het weens die tekort aan lewensmiddele in hulle land.

Beide lande het nou laat deurskemer dat hulle bereid is om weer die grens oop te stel tussen die twee Suid-Amerikaanse state.

Die visepresident van Venezuela, ene Delcy Rodriguez het in ʼn TV program bevestig dat sy land bereid is om die grens weer te heropen.

Rodriguez het later bevestig dat die grens nog die week geopen het en dat die normale oor grens handel hervat het.

President Ivan Duque van Colombia het in ʼn verklaring gesê sy land is bereid om om te begin met ʼn ordelike proses van heropening van grense.

Twee groot vrag-houers sal glo eers verwyder word wat die deurgang na Colombia versper, en waarnemers reken die uitvloei van mense uit Venezuela gaan heelwaarskynlik hervat word weens die ernstige tekort aan lewensmiddele in die olieryke land.