Uit my Kuierkombuis

Hoenderpastei bly altyd ‘n wenner.  Met ‘n skilferkors is natuurlik altyd eerste prys alhoewel dit baie ryk is,  maar ons gaan sommer die vinnige skud kors maak wat heerlik bros is!

Hoenderpastei met skud kors

1,5 kg hoender     

2 middelslag uie

750 ml warm water

30 ml botter

7,5 ml sout

varsgemaalde swartpeper

200g gesnipperde ontbytspek (liggies gebraai)

Sap van een suurlemoen

125ml blatjang

250 g macaroni (rou)

Metode:

  1.  Was die hoender af,  verwyder enige veerpunte wat sigbaar is en sny die oliekliertjie van die stuitjie uit.
  2. Skil  die twee uie en sny dit in growwe stukkies en plaas dit onderin die kastrol.
  3. Sny die hoender in porsies,  plaas dit in die water en geur met sout en varsgemaalde swartpeper en voeg ook die suurlemoensap by.
  4. Laat die hoender nou stadig prut totdat die vleis sag is en maklik van die bene af kom. Roer gereeld.
  5. Maak intussen die gesnipperde spekstukkies gaar.
  6. Sodra die hoender sag en gaar gekook is,  verwyder al die beentjies en voeg die gesnipperde gaar spekstukkies,  die blatjang,   sowel as die rou macaroni en botter by  en prut totdat die sous effens begin verdik en die macaroni sag is.  Roer weereens gedurig deur sodat die hoender nie aanbrand nie.
  7. Indien nodig,  geur verder met sout en peper na smaak en laat heeltemal afkoel.
  8. Sodra die hoender heeltemal afgekoel het,  word die korsdeeg oorgeskep.

KORS:
125 ml sonneblom olie

125 ml melk

1 ekstragroot eier

180 ml koekmeelblom

2,5 ml sout

10 ml bakpoeier

5 ml mosterdpoeier

Metode:

  1.  Klits die olie, melk en eier vinnig deur en sif die droë bestanddele daarby en meng goed deur mbv ‘n bal klitser.
  2. Skep lepels vol oor die afgekoelde hoendervleis en bak vir sowat 25 – 30 min in die voorverhitte oond van 180ºC  tot gaar en mooi goud bruin.

Bedien die ryk en geurige hoendervleispastei dadelik saam met gebakte aartappels/ kapokaartappels/ rys,  ertjies en worteltjies, pampoenkoekies en ‘n groen slaai.