Tunisië kry talle vroue as ministers

President Kais Saied van Tunisië het ʼn rekord aantal vroue ingesweer as lede van die land se regering en dit kom nadat hy nuwe uitvoerende mag verkry het terwyl die opposisie die president beskuldig van mag misbruike.

 Die nuwe regering is vasbeslote om as hoogste prioriteit die korrupsie in die land te beëindig, en daarom is die nuwe regering glo so saamgestel dat dit die korrupsie sal teenwerk.

Die president het die beskuldiging van magsmisbruik verwerp en wys daarop dat die Eerste Minister en sy kabinet bedank het weens die onvermoë om korrupsie uit te roei.

 Die president het na die druk op die premier so hewig was dat hy moes bedank, aangekondig dat hy per dekreet regeer tot ʼn nuwe regering en Eerste Minister ingesweer is.

Van die 25 kabinetslede is tien vroulike ministers wat die hoop laat opvlam dat Tunisië die korrupsie sal uitroei en die land positief sal regeer.