Tsjeggiese opposisie wen verkiesing

Die algemene verkiesing in die Tsjeggiese Republiek het ʼn verrassing opgelewer toe die twee grootste opposisiepartye gesamentlik die meerderheid stemme op hulle verenig het.

Eerste Minister Andrej Babis  se party het daarmee die onderspit gedelf aangesien die twee partye reeds in beginsel besluit het om ʼn koalisie regering saam te stel.

Die Tsjeggiese gematigde konserwatiewe opposisiepartye het gesamentlik die meerderheid steun gekry, en dit het as verrassing vir almal in die land gekom.

Politieke ontleders sê die koers wat nou aangedui word in die Tsjeggiese politiek kan beteken dat die miljardêr Eerste Minister, Andrej Babis se dae getel is in die politiek, en kan sy uittrede verwag word.

Die opposisie koalisie sal 108 setels van die 200 in die parlement hou, wat ʼn sterk meerderheid bied as die koalisie vennote eenstemmigheid kan bereik, word gesê.