Tonne kokaïne van Bolivia onderskep

Die Paraguay polisie vermoed dat die tonne kokaïne is vir Israel bedoel maar sou deur Argentinië en België gestuur word om die spore t probeer doodvee.

Benewens die smokkel van dwelms blyk dit ook dat geld wassery in die proses toegepas word, maar die massiewe klomp kokaïne is gekonfiskeer en minstens sewe verdagtes is in aanhouding.

Die vraag na die gesogte dwelmmiddel het in Suid-Amerika en Europa toegeneem, en polisie regoor die wêreld is bedag daarop om invoer goedere goed te kontroleer.

Nagenoeg 3 metrieke ton kokaïne wat vir Europa bestem is om daarvandaan na Israel versend te word, is onderskep in Paraguay deur die polisie.

 Die sewe wat gearresteer is, staan ook aan die hoof van die dwelm sindikaat se finansiële afdeling, en twee van die mense is in beheer van die skema wat miljoene dollar se kokaïne verloor met die huidige beslaglegging, maar ingeligte bronne wys daarop dat die dwelm sindikaat uit ʼn netwerk van meer as 20,00 mense bestaan wat gekoppel word aan ʼn ander groepering in Brasilië.