Tata Groep neem Air Indië redery oor

Die motorvervaardiger Tata van Indië het die regering verlos uit sy jarelange gesukkel om die Indiese lugredery, Air Indië, winsgewend te maak.

Die regering het ingestem om om 75% van die redery se skuldlas te betaal, solank hy net kan ontslae raak van die entiteit wat hom jaarliks miljarde dollar uit die staatskas kos.

Die Tata Groep, wat een van die land se grootste maatskappye is, e nook die vervaardigers is van die Tata motors, neem die redery oor nadat die regering die ooreenkoms onderteken het.

Die voertuigvervaardiger sal glo $ 2.4 miljard moet opdok om die redery uit sy skulde te kry wat sedert 2009 toenemend al dieper in die rooi gesink het.

Tata sal die alleen seggenskap hê en die regering van Indië sal nie meer enige betrokkenheid of verpligtinge teenoor die lugredery uitoefen nie.