Taiwan sal nie buig voor Sjina

 In haar toespraak tydens die Nasionale Dag feesgeleentheid van Taiwan het die president, Tsai Ing-wen, ʼn beroep gedoen op Sjina om Taiwan se soewereiniteit te respekteer.

Die opmerkings kom kort nadat Sjina se president, Xi Jinping sy rede gevoer het van hereniging wat moet plaasvind tussen Taiwan en Sjina.

Die president van Taiwan het sterk standpunt ingeneem teen Sjina se aggressie met die herhaaldelike skending van haar land se lugruim deur Sjinese militêre vegvliegtuie.

Sy het dit beklemtoon dat Taiwan nie sal buig weens die druk wat Beijing probeer toepas nie, en sy hoop dat die spanning tussen die twee lande verlig kan word en dat daar voortgegaan sal word dat Taiwan sy verdediging kan opskerp en sodoende die mense en land kan beskerm dat niemand Taiwan sal forseer om die koers wat Sjina neergelê het, te volg nie. Die land en sy mense sal voortgaan om vry en op demokratiese wyse hulle land uit te bou, het sy gesê.