Swaar straf vir poskantoor dief

ʼn Man van die Oos-Kaap wat die poskantoor twee jaar gelede wou beroof is ʼn ongekende swaar straf opgelê in die Hooggeregshof van Grahamstad.

Die 38 jarige Sinethemba Zungula is vir moord, roof, poging tot moord, en vir onwettige wapens en ammunisie besit tronkstraf opgelê.

Die man en sy twee helpers het gepoog om die poskantoor van Maclear in die Oos-Kaap te beroof.  Een van die drie was ʼn poskantoor werker. Die ander twee kon daarin slaag om ʼn onbekende bedrag by die poskantoor steel en toe ʼn Telkom voertuig gekaap om mee te vlug.

Die polisie het die vlugtende mans agtervolg, maar die twee het later te voet verder gevlug. In die oor en weer skietery is een gedood en ʼn R4 geweer is gevind by hom. Die man wat in die hof verskyn het, kon egter wegkom en is later in September vanjaar weer gesien en vasgetrek.

Die hof vonnis die man met 20 jaar vir sy rooftog, bykomende lewenslange tronkstraf vir ʼn moord, 10 jaar elk vir twee pogings van moord wat misluk het, en ʼn verdere 5 jaar vir die onwettige besit van ʼn wapen en ammunisie.