Spanning tussen Sjina en Taiwan verhoog

Alhoewel die Sjinese president beweer het dat sy land die ooreenkoms met Tiwan sal eerbiedig, en die versekering oorgedra het aan die Amerikaanse president, word die militêre spanning met Taiwan al groter.

Die Minister van Verdediging in Taiwan, Chiu Kuo-cheng, het in reaksie op Beijing se opmerkings gesê die spanning wat tans tussen die twee lande heers, is die ergste nog in die afgelope 40 jaar.

Die minister het gesê dat Sjina oor die vier dae tydperk, 150 keer met militêre vliegtuie die lugruim van Taiwan binne gegaan het sonder toestemming.

Taipei het die optrede van Beijing bestempel as die aanhoudende teistering van die Eiland wat die spanning tot sy hoogste vlak in 40 jaar gedruk het.