Sosiale netwerk struikel

Facebook Inc, het wêreldwyd sy gebruikers in die steek gelaat en gister tot laataand onklaar gebly sodat niemand van die Network se dienste kon gebruikmaak nie.

Die applikasies soos WhatsApp en Instagram was onbruikbaar en miljoene mense het geen idee gehad van wat verkeerd is dat die diens nie beskikbaar is nie.

Kenners wys daarop dat dit baie mense tot die besef gebring het dat sulke dienste ook feilbaar is, en na wat verneem word, was dit deskundiges wat ure lank gewerk het om die diens weer herstel te kry.

Die onderbreking van kommunikasie was selfs ondervind in die maatskappy se eie werksomgewing, en kon sy personeel ook vir ʼn tydlank nie met mekaar kommunikeer nie.

Meer as 125,000 gebruikers van die diens van Facebook het die onderbreking gerapporteer en byna 100,000 gebruikers van Instagram, en 35,000 van WhatsApp het die onderbreking aangemeld.

Die onderbreking het blykbaar verband gehou met die Facebook domein stelsel en die rekords wat beteken dat die eenvoudige “woordkeuse” die onderbrekings veroorsaak het.