Skrikwekkende onthulling oor kindermolestering

ʼn Franse kommissie het sy verslag bekendgemaak van 70 jaar lange kindermolestering in die land se Katolieke kerk.

Die kommissie het 36 maande gewerk aan die ondersoek en ondervang ook die hof beslissings, mediaberigte en polisie leërs se inligting.

Die Kommissie, wat saamgestel is op versoek van die Katolieke Kerk in Frankryk, sê in sy verslag dat sowat 3,000 misdadigers het meer as 200,000 minderjariges oor die afgelope 70 jaar “aangerand”.

 Die onafhanklike kommissie se bevindinge en gegewens is die week openbaar gemaak van seksuele kindermolestering in die Katolieke Kerk van Frankryk.

Die verslag wat bestaan uit 2,500 bladsye gee omvattende inligting oor die sowat 3,000 molesteerders waarvan 66% priesters van die Kerk is wat in die Kerk werksaam was.