Sjinese wil vrede met Taiwan hou

Joe Biden

Die spanning tussen Sjina en Taiwan het byna breekpunt bereik nadat die Sjinese Lugmag byna 40 keer die Taiwannese lugruim geskend het met hulle vegvliegtuie.

Intussen het die VSA sy kommer uitgespreek oor die toestand tussen die twee lande, maar president Joe Biden het die week gesê hy was in gesprek met die Sjinese president en die Sjinese wil vrede handhaaf met Taiwan.

Die regering in Taipei het egter hulle misnoeë en vrese uitgespreek oor die Sjinese se aggressie tydens Beijing se magsvertoon naby die grens met Taiwan.

 Volgens President Biden, het die Sjinese president, Xi Jinpin, gesê sy land sal die ooreenkoms met Taiwan eerbiedig, maar militêre deskundiges sê Sjina se woorde is nie in ooreenstemming met sy daad van lugruim skending nie.

Biden het glo gesê hy dink nie Sjina moet enige iets anders doen as om die Taiwan ooreenkoms te eerbiedig nie.