Sjina wil greep op Taiwan verstewig

Die geskiedenis van volledige hereniging van die moederland Sjina met Taiwan moet vervul word, sê die kommunistiese president Xi Jinping om die hernude proses van sy greep op Taiwan te regverdig.

Dit is die mening van ʼn volkekundige wat die verhouding van Sjina met sy satelliet provinsies deurlopend moniteer sedert die Sjinese begin het met ʼn sielkundige oorlog teen die soewereine eiland.

President Xi Jinping het die afgelope naweek ʼn beroep gedoen dat die twee lande op vreedsame wyse “herenig” moet word terwyl Taiwan selfregerend is.

Die Sjinese president het met die opmerkings gekom kort nadat meer as 40 vegvliegtuie die lugruim van Taiwan geskend het en volgens die Taiwannese regering is Sjina oor die afgelope twee jaar skuldig aan sowat 150 keer van lugruim skendings.

Kenners wys daarop dat Sjina met sy magsvertoning poog om die besef te bring dat hy die eienaar is van Taiwan, en kom dan daarna met beloftes van vreedsame hereniging, wat die metode is om sy greep te versterk, word gesê.