Sasol beoog massiewe groen projek

Sasol, die energie reus van Suid-Afrika, het bekendgemaak dat hy ʼn eerste van die soort ooreenkoms met die Noord-Kaap regering aangaan om ʼn twee jaar studie te doen oor groen waterstof as projek by Boegoebaai.

ʼn Tweede memorandum van ooreenkoms is ook onderteken met die provinsiale regering van Gauteng.

Die aankondigings is deur Sasol se visepresident oor Energie Besigheid gedoen tydens ʼn simposium in Suid-Afrika.

Volgens die visepresident is die projek in die Noord-Kaap van sodanige aard dat die potensiaal bestaan dat 400 kilo-ton van waterstof per jaar geproduseer kan word. Dit sal ʼn groot bydrae lewer tot die land se Groen Waterstof strategie, het hy gesê.

Hy het daarop gewys dat sodanige projek oor die potensiaal beskik om sowat 6,000 nuwe werksgeleenthede te skep wat ʼn positiewe inspuiting sal wees tot die sosio-ekonomiese voordeel wat ook sal lei tot verdere indirekte werkskepping regoor al die ekonomiese velde.

Sasol is daarop ingestel om waterstof met navorsing te ontwikkel tot die toekomstige brandstof wat as groen produk die bestaande energiebronne soos petrol en diesel te vervang.