SA vaar nie goed nie

Suid-Afrika is een van slegs ʼn paar lande in die wêreld wat in die eerste maande van 2021 meer bankrotskappe van sakeondernemings gehad het as wat in 2020 die geval was.

Die inligting is vrygestel deur die versekerings maatskappye Allianz en Euler Hermes. Die land se howe het maatskappye insolvent verklaar wanneer hulle nie die vermoee het om hulle skulde te vereffen nie, en die tyd van betaling daarvan verstreke geraak het.

Volgens die versekerings maatskappye het die insolvensies met net meer as 21% gestyg in die eerste sewe maande van 2021 wat 1,162 gevalle is, teenoor verlede jaar se 956 gevalle vir die ooreenstemmende tydperk.

Die voorspelling is gemaak dat insolvensies vir die 12 maande van 2021 kan styg tot 2,200 wat selfs hoër is as in 2014 toe die sakewêreld ʼn uiters moeilike jaar beleef het.