SA Suiwel kry hupstoot

Die suiwelbedryf van Suid-Afrika kry ʼn reuse hupstoot met die uitvoer van melk na Botswana, en het die moontlikheid van nog verdere uitvoer geleenthede.

Die buurland het ʼn ooreenkoms aangegaan met Suid-Afrika om die land se vraag na melk aan te vul aangesien Botswana slegs sowat sewe miljoen liter melk produseer.

Suid-Afrika sal na raming sowat 53 miljoen liter melk voorsien aan die buurland, en is ook gevra om melkkoeie na hulle land te bring, wat waarskynlik eers later oorweeg sal word.

Volgens ʼn woordvoerder van die suiwelbedryf in die land, word daar ook gekyk na die moontlikheid om suiwel na ander lande in Afrika uit te voer, wat ʼn aansienlike versterking kan beteken vir die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf.

Die uitvoer van ander suiwel produkte na naburige Afrikalande kry ook aandag en kan ook ʼn inspuiting wees vir die vervaardiging van suiwelprodukte soos kaas en lang-lewe melk.