SA stel Inenting sertifikaat vry

Die Suid-Afrikaanse owerheid het aangekondig dat die amptelike vrystelling van sy digitale Covid-19 inenting sertifikaat gedurende verlede Vrydag, 8 Oktober.

Die sertifikaat wat die gebruiklike strepies kode moet bevat, sal aan inwoners gestuur word wat ten volle ingeënt is teen die koronavirus.

Die ANC se Minister van Gesondheid, Joe Phaahla sê in ʼn media onderhoud dat die sertifikaat kan gebruik word om mense wat geïmmuniseer is, toegang te bied na geleenthede soos sport byeenkomste en ander groot byeenkomste soos musiekfeeste, en kan ook nodig wees vir reise wat onderneem word .

Die minister sê die sertifikaat dien in die eerste plek as bewys dat die eienaar daarvan die volle dosis entstof ontvang het.

Kenners wys daarop dat die sertifikaat waarskynlik net vir ʼn paar maande van waarde sal wees aangesien die huidige medikasie van J&J, sowel as van Pfizer, slegs vir ʼn paar maande immunisering bied, en ook nie ten volle beskerming gee nie. Dit is onduidelik wat die toedrag van sake sal wees na agt maande verloop het en ʼn persoon hoegenaamd nie meer immuun is en dan tog die sertifikaat wil gebruik om oorsee te reis.