Russe: Maksimum kapasiteit gas lewering

Die kontroversiële Nord Stream 2 pyplyn tussen Rusland en Duitsland, lewer reeds gas teen ʼn veel vinniger tempo as wat voorheen gelewer kon word.

Rusland het aangekondig dat die nuwe aanleg reeds op vol kapasiteit gas lewer, en kenners reken die tyd het ook aangebreek dat Europa nou noodgedwonge onderhandelings met die Russiese olie maatskappy Gazprom moet voer oor gas lewering en tariewe.

 Die olie reus lewer sowat 35% van die totale volume gas wat in Europa verbruik word, en nuwe kontrakte sal nou opgestel moet word.

Europa maak geweldig baie gebruik van gas, en het die afgelope jare gesukkel om gas pryse te beding, terwyl die voorsiening daarvan soms ongereeld voorgekom het, wat erge ontwrigting veroorsaak het.

Wat sake egter bemoeilik is die spanning wat nog heers tussen Moskou en die Europese Unie, wat veroorsaak is deur die EU se beskuldiging dat Rusland die gas pryse verhoog vir politieke redes en nie weens stygende koste nie.

Rusland het die Gazprom maatskappy verdedig en sê die gas word voorsien op die basis soos wat met die lande ooreengekom is in kontrakte.