Rusland begin nuwe aanslag teen Navalny

Die Russiese owerheid, aangevuur deur die regeringsmagte, het met nuwe ondersoeke begin teen Alexei Navalny nadat sy alliansies verban is.

Die optrede kom kort voor die Russiese verkiesing ten einde te verseker dat daar so min as moontlik stemme uitgebring word teen die huidige president, Vladimir Poetin.

Die verwagtinge is dat Navalny weer skuldig bevind gaan word na die ondersoek afgehandel is, wat kan beteken dat hy vir ʼn verdere 10 jaar agter tralies kan beland.

Die Russiese Ondersoek Komitee het die week  nuwe ondersoek na Navalny se “ekstremistiese” optrede begin, wat hom vir jare in aanhouding onder die haglikste omstandighede kan beteken.

ʼn Woordvoerder van die owerheid sê die ondersoek behels ondermeer dat Navalny en sy alliansie vennote almal verdink word van “ekstremistiese” bedrywighede saam met die president se grootste kritikus.

Navalny is vervolg en in die tronk gestop sodat hy nie teen president Poetin kan staan in die verkiesing nie. Dit is bekend dat Navalny waarskynlik nie genoeg steun het om Poetin te wen nie, maar die regering is uiters sensitief vir die baie teenstemme wat Poetin mag kry.