Rekenaar skyfies: – tekort knel voertuigvervaardiger

Die Duitse fabriek van die Opel motorvoertuig vervaardiger het gesê hy is verplig om sy aanleg in Eisenach, Duitsland, te sluit vir ʼn onbepaalde tydperk tot die rekenaar skyfies (chips) meer vrylik beskikbaar is.

Die Duitse motorvervaardigers word swaar belas weens die ernstige tekort aan die skyfies wat gebruik word om die nuwe, en gevorderde rekenaar stelsels in voertuie te aktiveer.

Die vervaardigers, wat in Sjina geleë is en die monopolie het vir die skyfies, beweer dat die tekort ontstaan het weens die negatiewe invloed wat die koronavirus pandemie uitoefen.

 Die Opel vervaardiger se aanleg gaan hierdie week sluit, en vrese bestaan dat die ander groot vervaardigers in Duitsland ook kan besluit om tydelik sy produksie in te kort.

 Opel sê in ʼn verklaring dat hy verwag om sy aanleg weer te open gedurende Januarie 2022, en dat personeel vir die volgende paar maande tuis kan bly, maar ook vergoeding sal ontvang.

 Die rekenaar skyfies wat ook bekend is as “geleiers” word van ʼn spesiale rou materiaal vervaardig wat nie oral beskikbaar is nie, en die Amerikaanse regering het miljarde dollar bewillig vir navorsing om alternatiewe as “geleiers” te ontwikkel.

Navorsing toon dat die tekort aan geleiers die voertuig vervaardiging gaan inkort met sowat 8 miljoen voertuie, wat ʼn verlies van $250 miljard sal meebring.