Regering staar erge krisis in die gesig

Met die een terugslag na die ander wat Suid-Afrika tref weens buitengewone faktore soos die koronavirus pandemie, die Staatskaping en ontelbare aantal korrupsie gevalle , word voorsien dat miljoene mense in hongersnood gaan verval.

Dit is die mening van finansiële ontleders en deskundiges wat reken die arm deel van die land se inwoners gaan ʼn baie moeilike tyd tegemoet.

Die staat se hoë skuldlas, wat verder verhoog is met miljarde Rand aan lenings wat aangegaan is, maak dit onmoontlik om te voorsien in die Deskundiges gaan so ver as om te reken dat behoeftes van die werklose en verarmde mense van die land, nie met regeringshulp aan die lewe gehou sal word nie, en kan dit beteken dat Suid-Afrika ʼn nuwe vlaag van roof en diefstal gaan ervaar.

Vrees is uitgespreek dat boere se vee en gesaaides op groot skaal geplunder gaan word in die komende maande, en met die Feestyd om die draai, kan winkels weer deurloop soos enkele maande gelede.

Met meer as 50% van Suid-Afrika se mense wat onder die broodlyn leef, kan die honger-pandemie enige oomblik ontplof in ʼn nagmerrie vir almal in die land.