Regering het 55 nuwe projekte beplan

De Lille

Die ANC regering het bekendgemaak dat hy glo 55 nuwe infrastruktuur projekte ter waarde van R595 miljard gaan ontwikkel om sowat 540,000 werksgeleenthede te skep.

Die presidensie se hoof oor infrastruktuur en beleggings, ene Kgosientsho Ramokgopa beweer dat 60% van die projekte is in ʼn gevorderde stadium, wat beteken dat dit die ANC president se ekonomiese herstrukturering sal versterk.

Die woordvoerder, De Lille, sê die projekte is gefokus op areas soos potensiële openbare en private vennootskappe, en die groen ekonomie.

Studente behuising en akkommodasie, vervaardiging en industriële projekte sowel as sosiale infrastruktuur en die digitale ekonomie word oo9k ontwikkel.

Waarnemers wys daarop dat soortgelyke voorstelle en planne etlike jare gelede beloof is aan kiesers, waarvan die Vrede melkplaas ook een was en uitgeloop het op ʼn algehele mislukking en bedrogspul.